STADIGIES ACCOMMODATION

TESTIMONIALS

Hannes & Olga Botes

Stadigies is ‘n groot bederf om by tuis te gaan. Totaal in ‘n ander dimensie! In die luuksheid van die plek is daar genoeg ruimte vir hope pret, rustige vuurtjies en lang luilekker kuiers op die stoep. Asemrowende natuur en uitkyk oor die bosveld en rivier. Ver ente se stap om die reuk van die bosveld in te drink, bokkies, kameelperde, zebras, olifante en sommer nog baie meer te bespeur. Al die voëlgesang van vroeg soggens tot laat saans, betower jou gemoed.
Die vlakvarkies se inloer elke dag, opsoek na ‘n lekker bederfie. Stadigies laat mens die klamte beleef wat elkeen wat ‘n wegbreek nodig het verdien. In die gejaagdheid van ons allerdaagse bestaan is Stadigies net die plek vir jou! Geen beter plek om tuis te gaan naby die Kruger Wildtuin nie. Die prag van die omgewing met sy swembad, pragtige tuin en braai geriewe wil maak dat jy net daar wil bly. So kom maak ‘n draai en braai tot die Loeries lawaai en jy besef hier wil ek dikwels my batterye kom laai.

Cobus + Stacey Kruger

We would just like to thank you for opening your home to us and allowing us to share your piece of heaven. Your home is paradise, it's peaceful, it’s private and the stay here was absolutely amazing. Thank you to Mitta, who is friendly, kind and helpful. The home is always spotless and beautiful! We hope to return very soon in the near future and we thank you for your hospitality. May our Heavenly Father bless you all!

Willie, Mariëtte, Anja en Greeve Koen

Baie dankie vir die voorreg om ‘n paar dae te kon spandeer in hierdie stukkie paradys. Die huis voel soos ‘n “Home away from home,” skoon, kraak netjies en wonderlik toegerus. Die tuin is ‘n oase en ons het die mooiste voëls gesien. Ons is gewoond aan Marloth in die wintermaande, maar die veld is pragtig en die bosse ruig. Ons batterye is herlaai en ons is reg vir die jaar wat voorlê. Hoop ons sal weer hier kan kuier in die toekoms.

Barry en Aletha Havenga

Baie dankie dat ons hierdie paar dae fisies en geestelik hier kon ontspan. Lafenis vir ons siel inderdaad. Ons los ‘n stukkie van ons hart hier in Marloth Park verseker. Mita is ‘n ware steunpilaar vir julle. Vriendelik, netjies en behulpsaam. Alles kraakvars skoon, dankie. Ons hoop om weer in die toekoms hier te kom afsaal. Mag die Here hierdie plek seën en ‘n lafenis maak vir menige.

André, Juanita & Kids Lamprecht

Baie dankie vir ‘n heerlike kuier. So so lekker gerus. Alles was pragtig & netjies. Sal verseker weer kom kuier. Mag Onse Vader hierdie prag plek seën en elke persoon die Grootheid van Ons Skepper hier herlewe.

CONTACT US

Leave your Feedback

Error: Contact form not found.